Lockheed U-2

Lockheed U-2

P-38 Lightning · P-80 Shooting Star · F-22 Raptor · F-35 Lightning II

'n Lockheed U-2S in vlug
Tipe Hoë hoogte verkenningsvliegtuig
Vervaardiger Lockheed Skunk Works
Ontwerp deur Clarence "Kelly" Johnson
Nooiensvlug 1 Augustus 1955
Vrygestel 1957
Status In diens
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag (USAF)
Central Intelligence Agency, NASA
Lugmag van die Republiek China
Vervaardig 1955–1989
Aantal gebou 104

Die Lockheed U-2, met die bynaam "Dragon Lady", is 'n enkelmotorige, ultra-hoë hoogte verkennings-(spioenasie)vliegtuig wat deur die Amerikaanse Lugmag (USAF) en voorheen deur die Central Intelligence Agency (CIA) gevlieg is. Dit bied ultra-hoë hoogte (21 000 m of 70 000 vt), dag-en-nag intelligensie-insameling in enige weerstoestande, deur middel van sy spesiale hoë-resolusie kameras.[1] Die U-2 is ook gebruik vir elektroniese sensornavorsing, satellietkalibrering, en kommunikasiedoeleindes.

Vroeë weergawes van die U-2 was by verskeie geleenthede betrokke tydens die Koue Oorlog en het gereeld baie hoog oor die Sowjetunie, China, Viëtnam en Kuba gevlieg. In 1960 is Gary Powers in 'n CIA U-2A oor die Sowjetunie afgeskiet deur 'n grond-tot-lug missiel. Hy het oorleef en is gevange geneem deur die Russe, maar later uitgeruil aan Amerika. Nog 'n U-2, geloods deur majoor Rudolf Anderson, is op 'n soortgelyke wyse in die Kubaanse missielkrisis van 1962 verloor.

Die U-2 is een van 'n handjievol van vliegtuigtipes wat meer as 50 jaar diens in die USAF het. Die nuutste modelle (TR-1, U-2R, U-2S) is in diens gestel in die 1980's. Die huidige model, die U-2S, het sy mees onlangse tegniese opgradering in 2012 ondergaan. Hulle het deelgeneem aan na-Koue Oorlogkonflikte in Afghanistan en Irak, en ondersteun verskeie multinasionale NAVO-operasies.

  1. Drew, Christopher (21 Maart 2010). "U-2 Spy Plane Evades the Day of Retirement". The New York Times. Besoek op 23 Maart 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search